News From Kwarts Publishers

Leer hoe om kortverhale te skryf



Die Skryfbesigheid het hul mees onlangse werkwinkel in die skryf van kortverhale gehad op Saterdag, 3 Mei 2014. Lientjie du Plessis en Chantél Venter het hierdie werkwinkel bygewoon. Beide skrywers het verras met 'n sterk, individuele styl, oorspronklike stories en wonderlike, geloofwaardig karakters. Onthou dus gerus hierdie name. Hulle gaan beslis name in die Afrikaanse skryfkuns word om mee rekening te hou.

’n Soortgelyke werkwinkel gaan nou maandeliks aangebied word. Daar is baie navrae van persone wat GRAAG wil skryf, maar glad nie weet waar om te begin nie. Die werkwinkel skep 'n fondament waarop 'n skrywer sy talent kan bou. Sommige voornemende skrywers is so onseker van hulleself dat hulle nie hul eerste pogings met ander wil of kan deel nie. Die werkwinkel is die ideale geleentheid vir hulle, want daar word net twee of drie persone per kursus ingeneem. In so ’n klein intieme groepie is dit baie makliker om van jou skryfvrese ontslae te raak. Hierdie werkwinkel is ook die ideale geleentheid om vir 'n ander kursus voor te berei.

Datum van volgende werkwinkel: 14 Junie 2014

Plek: Pretoria (Adres sal aan geregistreerde studente bekend gemaak word.)

Tyd: 09:00 - 16:00

Koste: R680 per persoon (Sluit koffie en tee en ligte middagete in)

Inhoud van die werkwinkel:

  • Wat is 'n kortverhaal?
  • Elemente van 'n kortverhaal
  • Tegniese vereistes waaraan 'n manuskrip moet voldoen
  • Taalversorging en redigering
  • Groepbesprekings van jou eie kortverhaal

 

Vereistes:

Registreer voor Donderdag, 12 Junie 2014 en betaal 'n deposito van R340

Hierdie is nie 'n GROOT vereiste nie, maar dit is wenslik dat 'n skrywer 'n kortverhaal van tussen wat tussen 600 woorde en 800 woorde lank is, instuur om in die groepie te bespreek.

Navraag per e-pos: [email protected] of [email protected]

Bespreek onmiddellik!

Daar is plek vir slegs drie (maksimum vier)

persone en reeds heelwat belangstelling.

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive