News From Kwarts Publishers

Leerling wen skryfkuns-toekenning

Veels geluk aan Lunette Visser, ‘n graad 11 leerling aan Hoërskool Reitz wat ‘n toekenning vir skryfkuns ontvang het by haar skool se jaarlikse prysuitdeling. Lunette het ‘n storie wat sy geskryf het ingestuur vir Kwarts Publishers se ‘Fingerprints’ skryfprojek. Haar storie, ‘Perd van my drome’, is geselekteer om in Kwarts Publishers se nuut vrygestelde publikasie ‘Fingerprints – Stories of Faith, Hope and Love’ te verskyn. Hierdie boek bevat ‘n versameling verhale, gedigte en vertellinge in Engels en Afrikaans. Dit is ‘n inspirerende boek en is gebaseer rondom die tema ‘Geloof, Hoop en Liefde. (1 Kor 13:13)

Om ‘n kopie van hierdie boek te bekom, stuur ‘n e-pos na Kwarts Publishers met jou kontaknommer, fisiese adres en die hoeveelheid boeke. Die koste is R80 per boek, plus aflewering. Vir elke boek wat verkoop word sal R20 aan die POPUP ontwikkelingsprojek geskenk word.

Belangstellendes wat graag hul stories in volgende jaar se publikasie wil sien, word uitgenooi om hierdie webblad dop te hou vir meer inligting oor ‘Fingerprints’ 2015 en ander opwindende skryfgeleenthede.

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive