Author: Jannie Putter
Language: Afrikaans
ISBN: 978-1-77605-644-6
Genre: Afrikaans non-fiction
Dis nie net sportmanne en -vroue wat wenners wil wees nie; elkeen van ons wil ʼn wenner op ons eie gebied wees. Om ʼn wenner te wees, beteken jy kan ʼn situasie op die sportveld of in die gewone lewe na die beste van jou vermoë hanteer en sodoende die optimale resultate behaal. Dis ʼn sielkundige voorsprong wat jou in staat stel om in situasies van druk beter te presteer as jou teenstanders of die deursneepersoon. En dit stel jou in staat om selfversekerd op te tree en in beheer te wees van jou emosies.
In Koelkop leer Jannie Putter jou op ʼn praktiese manier hoe om soos ʼn kampioen te dink. Dalk is jy moedeloos omdat dit vir jou voel of jy gedurig in ʼn muur vasloop. Lees dan Koelkop en besef dat die sleutel tot sukses ook in jou is. Al wat dit verg is ʼn voortdurende proses van ontdekking en groei. Want sukses is nie ʼn bestemming nie, maar ʼn reis.