Author: Tania Smit
Language: Afrikaans
ISBN: 978-1-77605-650-7
Genre: Non-fiction
Die eerlike manier waarop Tania in haar skrywes met haar eie, maar ook alle mense se gereelde en diepste emosies omgaan, het ’n belangrike aar in lesers se gevoelslewens raakgeboor. Heelword is die tweede bundel uit die pen en lewe van die Oudtshoorn skrywer, Tania Smit. Haar eerste bundel, Hekelwoorde van my Hart, het in die bestek van twee jaar tot duisende boekverkope en volgelinge op sosiale media gelei, en is deur The South African Independent Publishers Awards aangewys as die mees inspirerende bundel van 2019. Van haar kortverhale en gedigte is ook tydens die KKNK van 2019 deur die geliefde wyle Paul Eilers voorgelees.
Om die groot besluit te neem om hierdie bundel uit te gee was nie maklik vir Tania nie – maar vandag is sy baie dankbaar vir wat sy uit die proses geleer het. Soos sy tereg noem, dit neem ’n dapper mens wat bereid is om self die tyd, koste en risiko aan te gaan om iets te doen waarin hulle met hulle hele hart glo. Op die ou end is dit die publiek wat hul hart moet wys om die waarde van ’n stuk skryfwerk te bepaal, en dit is in hierdie waardering en terugvoer van lesers waarin die meeste bevrediging van die proses vir die skrywer lê.
Wat lesers sê:
“Ek het nie woorde vir hierdie waarwoorde, diepwoorde en weetwoorde van jou nie . . .” – Mari
“Jy het ’n absolute Godgegewe talent gekry om ander mense se stukkendwees en menswees in woorde vas te vang.” – Ronel
“Oeg . . . dis raaaak! Pynlik raaaak! Baie, baie dankie.” – Dirk
“Jou woorde maak my sprakeloos.” – Antoinette
“Hoe skryf jy soveel se nie-weet-nie so raak?” – Petra