Author: Adrie F. Jooste
ISBN: 978-1-77605-498-5
Genre: Religious / Motivational
Waaroor gaan die Bybel eintlik? Hoekom die Skepping, die kruisgebeure en die uiteindelike onstaan van die vroeë kerk? Hoe kom alles bymekaar en hoe word die mens deel van die wonderlike plan van God. Wat is ons aandeel en hoekom juis ons? Wat is ons van God? Is óns die doel van die Skepping … maar hoekom?
Die antwoorde op vrae is in dié boek vervat. Van die kosbaarhede van die Woord van God word in die bladsye van Die Sleutels van die Koninkryk geopenbaar. Soos byvoorbeeld dat die mens se geloofslewe bepaal word deur hoe die Bybel beskou word.
Dat God tog iets van die Drie-Enigheid aan ons wou openbaar, al is dié konsep ver bo die mens se verstand. Dan die groot vraag: wie was die God van die Ou Testament? Iets wat baie kontroversieel is, is die vraag of die Skepping, ’n Goddelike ontwerp of evolusie is.
God trek die gordyn so ’n skrefie oop en wys deur die leer van Jakob, sy droom, hoe toegang tot Hom verkry kan word. Daar was dan een groot vriendskapsverhouding in die Bybel en dit was tussen Moses en die HERE. Die Bybel vertel ons ook van Jesus se halfbroers en -susters, en hul aandeel in die vroeë kerk. Een van die belangrikste vrae is, is jy uitverkies deur God of nie en wat van die boek van die lewe.
Die Woord, die Bybel soos ons dit vandag ken, is deur God met ’n doel en op ’n missie uitgestuur die wêreld in. Die Woord het ’n sending … dit is om mense vry te maak; gesond te maak. Deur sy Woord het God na ons toe gekom om Hom en sy boodskap aan die hele wêreld te openbaar. Ontvang Hom en hoor Hom!