Author: Carien Punt
Language: Afrikaans
ISBN: 978-1-77605-536-4
Genre: Fiction
Vir ’n negentiende-eeuse boervrou is die opgewekte Lientjie besonder selfstandig en selfgeldend, maar die afgelope ruk maak Gerhard se afsydigheid en onredelikheid haar baie ongelukkig. Haar pogings om die gapende afgrond tussen haar en Gerhard te oorbrug werp geen vrugte af nie en laat haar net nog meer verwerp en stukkend voel.
As hy boonop skielik meer liefdevol en besorgd teenoor hul buurvrou as teenoor haar begin optree, is dit ’n bitter pil om te sluk. Uit moedeloosheid neem sy ’n waaghalsige besluit - ’n besluit wat veroorsaak dat Nicolas Smith, ’n delwer wat die toeval oor haar pad gestuur het, ’n steunpilaar in haar gesin se lewe word...