Author: Tania Smit
Language: Afrikaans
ISBN: 978-1-77605-552-4
Genre: Afrikaans poetry / blog articles
Die langverwagte bundel met uittreksels van die steeds groeiende en gewilde Afrikaanse webblad, Hekelwoorde van my Hart. Gepubliseer op versoek van lesers, volgelinge, geraaktes en vervlegtes vir vashou en koester en liefhê.
Tania Smit woon in Oudtshoorn saam met haar twee tienerkinders, Julia en Adrian. Sy skryf oor die voel van haar eie lewe as reënboogkind, single dating in haar veertigs, haar vrese en oorwinnings, om gevat en gelos te wees, genoeg en te min te wees, en oor wyn en vure en kos en reis en ma-wees en menswees. Sy is ʼn dromer maar ook ʼn realis. Die woorde in hierdie bundel is haar storie, maar ook almal se storie.