Author: Herman Beukes
Language: Afrikaans
ISBN: 978-1-77605-626-2
Genre: Afrikaans fiction
Die waterskaarste in die Kaap raak al erger. Twee entrepreneurs, Markus Rheeder en Bethany Clarke, kry dit reg om die onmoontlike te doen – hul eie water te vervaardig.
Agter die skerms is donker magte egter aan die werk om hul idee te steel vir finansiële gewin. Markus en Bethany roep die hulp in van Ming Li, ʼn goeie vriend en ervare Ninja-vegter, wat hul bystaan in hul stryd om uit die greep van die vyand te bly – ʼn vyand wat nie sal skroom om moord te pleeg om te kry wat hy wil hê nie.
Desperaat om aan die lewe te bly, spook hulle om die persone agter die komplot te ontmasker. In hul pogings krap hul ʼn nes van korrupsie en omkopery oop wat tot in die regering strek. Gaan hul betyds agter die kap van die byl kom, of is hul gedoem om uitgewis te word? Sal Ming Li opgewasse wees om die oormag te keer wat dreig om hul te verswelg? Die bloedspoor eindig net voor dit te laat is . . .